Jongste aktiwiteit:

GENADEFEES

TEMA: Kersfees

Kersfees is ’n tyd wanneer vreugdevure hoog brand en dikwels met drankmisbruik en allerhande uitspattighede gepaard gaan. Daarbenewens is Kersfees ook ’n tyd waartydens geliefdes bymekaar kom. Geskenke word dan uitgeruil en seënwense teenoor mekaar uitgespreek. Maar ons is so geneig om met die viering van Kersfees te vergeet van God, en Sy Geskenk aan ons.
Vir my is Kersfees ’n genadefees. ’n Fees van God se lankmoedige genade, in die sin dat hy vir my en jou nog ’n kans gee om Sy Geskenk aan ons te aanvaar.
Vir geen oomblik sê ek dat daar nie liggies, geskenke en vrolike samesyn tydens die viering van Kersfees mag wees nie; míts dit in lyn is met dankbaarheid teenoor God vir Sy geskenk aan ons.

Wat beteken Kersfees vir jóú?
———————————————-oo00oo———————————————–
©Pieter Mostert
(Silwer)
[Woordtelling = 142]

 




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed