LEES dringend asb – 3de skryf kompetisie sperdatum vir inskrywings was 10 Oktober 2017!!
Vriende ons is al amper by begin Oktober 2017 en die 10de (sluitingsdatum) Oktober 2017 is binne ‘n paar dae hier. Ek wil al die lede wat deel is van die 3de skryf kompetisie net herinner aan die feit dat ek van 1 – 10 Oktober 2017 die inskrywings moet ontvang. Onthou asb ek het net 1 week tyd om al die inskryings vir die borge te stuur sodat die wenners gekies kan word en die boeke & bundels moet ook nog gedruk word voor die gala-aand op 4 November 2017. Ons kan dus NIE uitstel gee na 10 Oktober vir laat inskrywings nie.
Jou inskrywing moet aangestuur word na skryfafrikaans@ink.org.za sodat die Ink moderators die keuse van die 5 beste en tegnies goedversorgde inskrywings kan doen om vir die borge te kan voorlê sodat hulle die finale wenners kan kies. Die wenners sal dan op die Gala-aand van 4 November 2017 bekend gemaak word en gaan hulle dan ook persoonlik hulle pryse in ontvangs neem. (Lees ook asb die inligtingstuk oor die gala-aand asb)
Let wel: Beoordeling word op die reeds geplaasde inskrywings op INK en die volledige boek/bundel in totaliteit gedoen. Lede wat ingeskryf het moet asb daarop let dat die wenners soos deur die borge gekies, sal staan en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
Let ook asb daarop dat jou bundel/boek reeds taalversorg en geproeflees moet wees aangesien INK en die borge nie verantwoordelikheid aanvaar vir spel- en taalfoute nie
VEREISTES: – Deur hierdie vereistes te ignoreer gaan jy jouself en jou inskrywing benadeel. Dit is dus baie belangrik om na te kom!!!
1.Jy moet jou werk as ‘n word.doc deurstuur in A5-Arial skrif 10 Bladuitleg lynbreuke op “0” gestel”. (Gaan asb deur vir spelfoute!!) (Page layout – spacing set on 0) Nommer jou bladsye. Plaas asb bv. 1 gedig per bladsy sodat jou werk netjies vertoon en maklik is om te lees en te beoordeel.
2.Plaas al jou werk wat reeds op INK verskyn het en dan eers kan jy byvoeg dit wat nog kort om jou publikasie vol te maak. Beoordeling sal daarvolgens gekontroleer word.
3.Beeldmateriaal wat jy by jou werk wil gebruik moet tot die minimum beperk word aangesien dit die koste van die drukwerk beinvloed. Jy moet ook oor die kopiereg van die betrokke beeldmateriaal beskik alvorens dit gebruik kan word.
4.Jou moontlike publikasie moet die voorgeskrewe 120 bladsye wees.(100 bladsye publikasie die res sal bestaan uit die inhoudsopgawe, biografie, Inleiding, ISBN nr ens. Hierdie inligting sal deur die publiseerders bygevoeg en vir die wenner gratis gedoen word)LET ASB DAAROP DAT ONS NIE ONS KWOTA VAN BESKIKBARE BLADSYE OORSKRY NIE, DAAR KAN GEEN UITSONDERINGS GEMAAK WORD NIE
5.Jou volledige kontakbesonderhede en ID nommer moet op ‘n aparte dokument voorkom.
6.‘n Kort biografie en ‘n duidelike foto van jouself.
7.‘n Foto/skets van jou beplande voorblad (.jpeg format) GEE ASB ERKENNING VIR DIE FOTO INDIEN NIE DIT NIE JOU EIENDOM IS NIE!!
8.‘n Naam vir jou bundel/boek
Die lede wat verdere hulp nodig het, kontak my asb. Alle volledige inskrywings moet per e-pos aan skryfafrikaans@ink.org.za
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.