Kleintyd Embarressment 1
My lewe is ‘n storie
Ander Onthoue
Ek het besluit om hierdie boekie te skryf met additional onthougoed wat ek nie dadelik onthou het toe ek die eerste deel van my lewensverhaal vertel het nie…of ek het besluit om dit nie in daardie deel van my storie in te skryf nie omdat nie belangrik was vir die doel van die boek nie. So gaan ek nou hier skryf van die goed wat ek onthou wat ek nog nie vertel het nie.
Van die snaakse goed sal ek ook een of twee van die stories uit my boek: My Lewe is ‘n Storie: Deel 1, hier insluit – bloot omdat dit so super hilarious was!!
Maar daar is baie ander goeters wat gebeur het deur die jare waaroor ek my vandag nog in ‘n stilstand in lag as ek weer daaraan dink….
En daar is natuurlik ook die snaakse goed van toe ek baie, baie klein was wat ekself nie onthou nie, maar wat ek weet omdat my ma-hulle vir my vertel het dit het gebeur. Dit is ook hierdie goed wat met SOVEEL kleur en geur oorvertel word aan mense en in geselskappe waar jy van embarrassment wil sterf, terwyl jou ma-hulle oblivious voortborduur sodat algar war binne hoor afstand is, ‘n baie duidelike prentjie kan vorm van die embarrassing moment. aan die einde van die vertelling lê die hele ou spul soos hulle lag! Jy lê ook…. onder die bank… waar jy van embarrassment ingekruip het!!
Een van my ma se favourite staaltjies is die een van toe ek net ge-potty train was – seker so twee of drie jaar oud…
Ek was vreeslik hardlywig, vertel my ma. Dan wil ek nie op die potjie poef nie, want ek glo vas ds die potjie wat my seermaak! Nou gaan ek buitentoe as ek wil poef. Ek trek my pantietjie af en poef, maar as ek een drolletjie gemaak het, huil ek en vlieg op en gaan op ‘n ander plek sit. Ek glo vas dis die poef wat my seermaak! So poef ek die hele jaart vol drolletjies tot ek eendag klaar is.
My ma-hulle het toe vir my medisyne gekoop en ‘n nuwe pottie gekoop om my te kry om op die potjie te poef… Iets het gewerk, want ek poef nou darem binne, op die toilet… soos meeste ander opgevoede mense!!
Maar die storie is een van my ma se oorvertel favourites! Dit en die storie van die dag toe sy my in my pram toegevou het!!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.