Somer in jou winter – Brons
somer in jou winter ek wil die eerste sonstrale wees in die klowe van jou seer siel my teen jou winter aanvly tot my hitte versprei diep in jou oë en vertroue koesterend lêplek vind weg dwarrel rolbosse van haat en nyd wat teen die hange van ’n hart kaalvoet dans kastyding heftig haper in […]
Pikkewyn en die horrelpootkalkoenmannetjie – (Brons)
Pikkewyn en die horrelpootkalkoenmannetjie – (Brons) “Verstaan u die implikasie van hierdie laatste wil en testament van u grootvader, juffrou Griessel?” vra die prokureur. Met ‘n kopknik bevestig ek dat ek begryp. Soetwater, my oupa se plaas is nou my eiendom, met dien verstande dat ek binne ‘n maand my intrek daar moet neem. ‘n […]
Fynste en Voete
Fynste en gedrog – (Brons) Die sagte, deurdringende reën kom in vlae oor die Kalahari-duine en swiep strale water teen die rondawel se vensters vas. Hierdie wegbreek is broodnodig. Hier in die stilte sal ek die uitgewers se smoele stil skryf. Hier sal Kesia haar missie voltooi tussen die sleutels van my skootrekenaar en die […]
Daardie verlore sokkie
(552 woorde) Die meeste mense wat sokkies dra, het twee voete en trek saans weer twee sokkies uit. Tog is daar altyd ‘n eensame, agtergeblewe sokkie wat gereeld opduik wanneer die wasgoed opgevou word. Die eerste gedagte wat dan by my opkom is dat die gevreesde sokkiemonster weereens ‘n sokkie skelm opgevreet het. Sou mens […]
Van die spitse van ekstase tot die dieptes van die hel (Goud)
Ek weet die onderwerp is seker al holrug gery, maar dit raak soveel siele op soveel verskillende maniere, dat ‘n mens die saak móét aanroer. Afgesien van die feit dat baie mense in professionele hoedanighede konsuis sekere dwelms as opkikkers en ontspanningsmiddels gebruik, is dit angswekkend om te sien hoeveel jongmense vandag met dwelms deurmekaar […]
Verbode vrugte Goud Julie projek
duisend perde hoewe dawer teen die witvlek van my oor ritmies en in metrum volg my pols hul spoor vlindervlerk my vingers die kontoere van jou lyf omkring hul elke detail in fynspoorsproei geskryf seepskuimborrel sagte sleepsel oor die krombuig van jou rug verlustig ons tesame aan die verbode vrug stomend warm wasem vorm druppels […]
Onwaarskynlikheidsleer (brons)
ʼn gebreekte eier het van die vloer af opgespring die druipnat jellie opgeslurp en in sy dop omsluit my roosterbrood het teruggesak geleidelik weer na wit gebrand met knarsende kabaal het koffiebone hulself ontmaal buite in die strate was elke brakkie stil en paaie sonder gate het in suiwer swart geglim nog verder, in die […]
Vaal is die boervrou se wit (silwer)
Vaal is die boervrou se wit Soms kry ek myself dat ek deur Pinterest se foto’s blaai en dan verkyk ek myself aan al die lieflike goed daar. Soos die smaakvolle huise met hulle pragtige meubels en tuine. Die son wat met engelstrepe deur blinkskoon vensters skyn en oor sagte banke met wollerige komberse […]
Goue graaf (silwer)
“bitterbessie dagbreek bitterbessie son …” (Uit Ingrid Jonker, Rook en Oker) Erkenning aan G.A. Watermeyer – Reën in die voorwinter (Let wel, die reël wat ek gebruik het is: my swart haan roep die dagbreek rooi. die dae vou sag om my tog versmoor die nag in swart maar soggens kraai die haan en die […]
Eensaamheid
Ewe skielik ’n alleenloper min positief baie negatief in die nou poort van e e n s a a m h e i d nêrens harmonie net uitgestrekte donker in dormante lig die bekende heimat nou ’n soewereine seer ©Anita van der Walt