Jongste aktiwiteit:

Verbode vrugte Goud Julie projek

duisend perde hoewe dawer teen die witvlek van my oor

ritmies en in metrum volg my pols hul spoor

vlindervlerk my vingers die kontoere van jou lyf

omkring hul elke detail in fynspoorsproei geskryf

seepskuimborrel sagte sleepsel

oor die krombuig van jou rug

verlustig ons tesame aan die verbode vrug

stomend warm wasem vorm druppels teen die muur

wanneer vingers inmekaarvleg in ons gesteelde uur

 

Amanda de Meillon




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed