lig wat skyn
ligte oor die see
vertel stories van verre lande
vragskepe en passasierskepe
wat heen en weer oor die see
in sirkels pendel vir wins
nader aan my duin
sien ek snags om die punt
ligte van die hawehoof en dorp
wat oorkant die baai lig maak
vir dié wat daar woon
soos die ligte snags blink
skitter en in kleure verbleik
so skitter my siel soms ook mos
helder aura van Lig wat net
oral moet uitbreek
tussen Lig en duister
bly daar net Lig wat daar is
as Lig nie daar is nie, is daar niks
die onderwêreld van duister
kan nooit oorwin
my duin verander soms
maar daar is altyd Lig oor
soms skemer met aandstond
maar altyd weer belofte
van helder oggendson
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.