Myself
Myself (4de skryfkompetisie)
In stofwolke van breinmassa
gaan soek ek na myself
die stille figuur
wat uit die spieëlbeeld tuur
herken ek nie
sy lyk bekend –
die oë, hare, lippe
menige male het ek haar al gesien,
maar ek herken haar nie
die vonkel in “die een” se oë is weg
geen glimlag wat oor die lippe strek
“is die lyne van kommer nuut oor haar gelaat
of het ek nooit opgelet
deur die pyn en smart?”
was daai oë altyd so koud
die houding altyd benoud?
soos Sneeuwitjie se verhaal
wil ek haar vir ewig verban
“spieeltjie spieeltjie, laat sy gaan
ver weg gaan”
‘n flikker van hoop brand diep en rou iets kan dalk gered word waarvan ek hou
ek roep uit na haar: “come out come out wherever you are”
en ‘n stil stem fluister “ek wil; ek is bang”
die pad vanaf bitter na soet is so lank
ek spreek myself vry en stel weer belang
stadig maar seker verander die vrou in die spieël
verander na iemand sagsensueel
die bitter oor die lippe verdwyn
haar oë vonkel tergend en sonder pyn
deur die stofwolk kom sy te voorskyn
net betyds het ek myself ontdek voordat sy finaal verdwyn
©PcV
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.