Jongste aktiwiteit:

armoede

kinders klein
met skurwe hakskene
barstende tone in spierwit ryp
stap hulle skooltoe en hoes heeltyd
neusies loop strepies oor vuil gesigte
neëntien vyftig was begin jare van “baby-boomers”
meeste het maar swaar gekry na die oorlog
meeste het met meelsakbroekies geloop
meeste het maar op pap en sous gelewe
meeste het opgestaan en sukses bereik
vandag is kindertjies afhanklik
meer so as wat ons gewees het
as die krag af is, is daar niks
ons het kersies gebrand
ons het daglig gespeel
tot skemeraand toe
ons was geseënd
ek bid vir hulle
wat vandag
moet leer
van lewe
sonder
tee-vee

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed