Jongste aktiwiteit:

Gedagtegras van Verlange

Gedagtegras van verlange

Sylangs skeef
bakhand leeg kom
verlange aangerol
soos ‘n veldwind
gras laat totsiens wuif
geruisloos soos
veersagte vlerkeklap
maar met koue optimisme
wat net omkeer en
val en
v
a
l
tot uiteindelik die
belydenis aan self
dat verlange net soos
veldbries die gedagtegras
sag sal streel sonder om
enige tasbare weklikheid
mee te deel

© Grootvissie
Februarie 2018




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed