Jongste aktiwiteit:

Blare van my ek

Blare van my ek

Die geroeste heining
staan beskonke skeef
soos die kronkelbaan van
‘n ou plaaspad
in die lang gras van
my lewensvlakte waar
herinneringblomme sporadies
in pienk en pers vlekke
soos geverfde gedagteprente
vlekke van horisonspikkels maak
tussen groenblaar idees en
onvergeefde droëbos sondes waar
verledeskandes bruinblaar kraak, tog
g
–o
—l
—-w
—e
–n
d
soos die lewensbries
die grasse en blare van my ek
swyend lewend maak

© Grootvissie
Februarie 2018




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed