“n Ou se U – draai
Brons afdeling
‘n Ou se U-draai
Omte U-draai
Kort ‘n ou “grip”,
skoene met rubbersole,
en ‘n pad van klip.
Mannemoed slinger
‘n Wye Es
oor ‘n ou se pynlike ervarings
en leer ‘n duur les.
Al knarsende oor die pad van klip;
van hartseer en van rou
skep ‘n ou momentum
om die koers te kan bly hou.
Omte U-draai
Verander ‘n ou se perspektief
Tot ‘n maltrap ervaring
van leed én van lief!
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Januarie 2025 - OOP projek