
NOODLOTSVLUG OOR DIE AMASONE VOORWOORD
VOORWOORD
Die Amasone woude beslaan n groot deel van die Noorde van Suid- Amerika en strek oor n gebied van 2.7 miljoen vierkante myl. Dit sluit nege state in naamlik Brasilië, Peru, Colombia, Venezuela, Ecuador, Bolivia, Guyana, Suriname en Frans-Geniua.
Die vernaamste stede om die Amazone is Belem, Manaus, Macapa en Iquitos in Peru.
Alhoewel die kant om die woude al redelik beskaaf is en van die oorspronklike habitat vernietig is vir ekonomiese bedrywighede is die grootste deel van die hart van die Amasone woude nog onaangeraak. Geen blanke mens het nog ooit hier gekom nie en leef die Indiaanse stamme in hierdie gebiede nog steeds hulle kultuur uit soos hulle dit al eeue lank doen.
Hoeveel van hierdie Indiane stamme daar werklik is weet niemand nie. Sommige van hulle is redelik groot en ander baie kleiner en kan eerder as n groterige gemeenskap beskryf word. Een van hierdie stamme, die Sapanahua stam, in die hart van die Amasone, is maar eers redelik onlangs ontdek.
Alhoewel die stamme nader aan die rante van die woude al onder blanke invloed redelik verwesters het
het hierdie lewenswyse nie die Indiane stamme in die hart van die Amasone geraak nie. Hulle beoefen nog steeds hulle eeue oue lewenswyse van jag, hulle aanbidding van die die son en die maan, asook hulle feeste en danse. Hulle leef hoofsaaklik van vis en plante asook aap en voël soorte wat hulle jag.
Sommige van hierdie stamme bly op platforms met hutte op die water, ander het weer klein stukkies ontbos waar hulle hulle statte gevestig het.
Hulle statte is altyd naby een van die menigte riviere wat deur die Amasone vloei gevestig en is daar geen waterskaarste vir hierdie stamme nie. Al hierdie riviere vloei naderhand uiteindelik in die magtige Amasone rivier in.
Blykbaar was hierdie Indiaanse stamme vroeër jare gedurig in n stryd met mekaar gewikkel en het hulle mekaar uitgeroei. Een of ander tyd moes hulle tot die besef gekom het dat hulle niks daarby baat nie en leef hulle deesdae redelik rustig saam, dit is solank die een nie die ander se gebied betree nie.
Die Amasone is die tuiste 1300 soorte voëls, van die kleurrykste voëls op die planeet wat van die mooiste pappagaaie van verskillende groottes insluit.
Die Amasone is ook die tuiste van 427 diersoorte waarvan die amazone luiperd en die jaguar die mees gevreesde rooofdiere is.
Hier word 378 soorte reptiele aangetref wat verskeie slangsoorte insluit. Hiervan is die groen Anaconda die die dodelikste. Helderkleurige paddas in die Amasone is iets om vanaf weg te bly, hulle is dodelik giftig.
Die Amasone rivier, wat in die Rio Montario berge ontspring, vloei vir n afstand van 6992 km deur die Amasone om uiteindelik in die Atlantiese oseaan uit te mond. Saam met sy menigte sytakke is hierdie rivier die lewensbloed van die Amasone woude. Dit is die tuiste van n menigte krokodille, visse, waterslange maar ook die gevreesde phiranas, roofvisse wat met hulle skerp tande enige lewende wese wat in die water beland binne sekondes verskeur.
Plek plek kry die woude maar 1% sonlig deur die dag en is die grond voortdurend klam. Wetenskaplikes bereken dat die woude 30% van die planeet se suurstof voorsien en word die Amasone tereg as die longe van die aarde beskryf.
Wat baie interessant is is die wetenskaplike bewering dat die Amasone met fyn stofkorreltjies vanaf die Sahara woestyn gevoed word wat met lugstrome oor die see tot by die Amasone woude gedra word.
Daar gaan nie n dag verby wat dit nie reën nie, daarom word dit ook die reënwoude genoem. Die meeste reën val in die namiddag en gaan baie keer met swaar donderstorms gepaard. Dit is hoekom jag geselskappe soggens vroeg uitgaan om te kan terugkeer voordat dit begin reën.
Baie navorsers en wetenskaplikes het al in hierdie woude verdwyn om nooit weer tevoorskyn te kom nie en bewaar die Amasone woude sy geheime jaloers.
Daar het al enkele vliegtuie ook oor die Amasone verdwyn en is daar onlangs n B17 bomwerper in die woude ontdek wat in 1946 daar neergestort het. Ander vliegtuie wat die loodse dapper genoeg was om oor die Amasone te vlieg het nie almal dit gemaak nie en het hulle net verdwyn om nooit weer opgespoor te word nie. Van hulle was van koers af gedwing en het heeltemal rigting verloor oor hierdie woude om êrens neer te stort. Om na n vermiste vliegtuig in die Amasone woude te gaan soek is n onbegonne taak want die woud sluk die wrak eenvoudig net in.
Omdat die blaredak van die hoë bome so dig opmekaar is is verkenning uit die lug uit n onbegaanbare taak want die digte blaredak verberg alles wat op die vloer van die woud is.
Om dus na n vermiste vliegtuig te gaan soek moet dit met die voet gedoen word. Die bome staan te dig opmekaar vir voertuie om deur te gaan en sal daar met groot moeite eers n pad moet ontbos word voordat voertuie kan ingaan. Die enigste alternatief is met n boot teen die rivier op en die kanse dat n vliegtuig naby genoeg aan die water neergestort het om per boot opgespoor te word is nul.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Mmm die ideale landskap vir 'n opwindende nael-kou drama, dink ek.