Oester fees
Jy vertel my van die maan se lag
wat teen die wimpers van rose slaap
van die stiltes wat fluister wanneer die donker gaap
dat die son weer môre sal skyn met nuwe krag
splinter die lug sag
in die stilte van die nag
Wanneer die koue deur krakies van my siel breek
my gedagtes eensaam oor donker heuwels draf
versteen dit in ‘n hond se blaf
wat roerloos staan onder die maan se wit’ bleek
beleef ek jou warm nabyheid diep en intens
moenie weggaan..dis my enigste wens
Verlang ek na jou
waar dit vasbrand in die holte van my hart
wat die lewe tart
in hierdie gevoel sonder jou
tussen gister en nou
ek is hier…ek wag vir jou
Met my sagste sag
wil ek jou koester
in my hart toevou soos ‘n oester
in hierdie fees van middernag
langs die grou groen see
wil ek my hart vir jou gee
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.