Jongste aktiwiteit:

Sy is ʼn teefhond en sy byt!

Karma bekruip jou
soos ʼn skurk in die nag
stil-stil van agter af…

die slang
wat haar tande
die hakskeen inslaan –
vasbyt tot die gewete
se gif jou verslaan!

Kom soek sy jou op
en klop aan jou deur –
is omdraai te laat
en spyt geen verweer.

Wat die oog nie sien nie
maak die hart nie seer nie –
sou sy jou te lyf gaan,
is aan haar byt geen keer nie!




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed