Bosveld
In die glorie van die sonsondergang
as sy vuur verwoed oor die hemele span.
Die sterre helder begin blink
waar die naggeluide rinkink.
As die vlamme hoog brand
en die hout knetter op die reviersand.
Waar winde suis deur droë bome
Sing ons harte liedere oor ons drome.
Vou vreugde sy arms om my en jou
eindelik kan ons die vrede vertrou.
Doudruppels vorm op die bruin veld
Soos ons kaalvoet vir die dag aanmeld.
As die oggend oor die stofpad roer
En die voëltjies se gesange ons sorge weg voer.
Ons met oorgawe God se skepping kan vier
Sy genade vir ek en jy, net hier.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
So diebraar jeugvol. Baie mooi!