Jy is my wêreld
Dis die stilte
wat jy saamdra
wat jou vir die wêreld
vaag en onpeilbaar maak.
Maar in die stille vertel
spreek jou dade vanself
van liefde wat tóg onfeilbaar is.
En miskien
vir die wêreld
is jy net nog ń man –
maar in myne die held
wat die melkweg saans
minsaam oor my wêreld kom span.
4 Kommentare
-
-
Viooltjie
Goeie werk, Loretta :-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
Sjoe! Woordeloos pragtig!