Stil ongehoorde fees
Ek dwaal soos ‘n herfsblaar
dwaal na warmte
my hart begin bewe
hier waar ek sit op ‘n bank en staar
Die lewe is soos ‘n glasbleek stroom
mens sien so veel
want alles bly nie net ‘n fees in geheel
dis ‘n stil ongehoorde droom
Dit is in die stil
die stil en verregaande lig
die stomheid in die lug
wat my wil laat gil
Skuil ek in die skadu’s waar die son my nie kan vang
waar die maanlig sag kan streel oor my wang
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.