Uitgelewer aan die hart
Ek wou nog vir jou sê
as ek ń keuse kon hê
om jou lief te kry of nie –
sou ék vandag kon lag
met ń traanlose hart,
en salig kon aanwals
sonder klippe in my skoen.
Maar die hart se weë
is nie te verstaan
en wíé ons mag liefhê –
makliker gesê as gedaan.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.