Jongste aktiwiteit:

Oktober 2023 – KORT projek

Beste INKers

Met die aanbreek van Oktober betree ons  die laaste kwartaal van nog ‘n jaar. 2023 lê amper reeds op sy rug en nou verg dit ons finale asem om dit deur te sien.

Dit is darem ook, vir ons hier in die Suide, die begin van die sonseisoen en die aanloop tot ‘n heerlike, welverdiende lente en somer.

Omdat daar nét nog ‘n happie oor is van die jaar is die tema: “kort”

Opdrag dus soos volg:
GEDIGTE:

  1. Skryf die korste gedig moontlik.
  2. Dit mag NIE ‘n Haikoe, limiriek of enigiets soortgelyks wees nie!
  3. Dit mag net een stansa hê maar daar is nie voorskrifte aan die hoeveelheid versreëls nie.
  4. Jy mag NIE “kort” as ‘n titel gebruik nie, en die woord kort mag ook nie in jou vers gebruik word nie. Sinonieme is toelaatbaar.

Voorbeeld:

In die donker
neig ek solo
tot jou arm om my vou.

MENINGSTUKKE:

  1. Skryf ‘n vonkmening (minder as 150 woorde)
  2. Tema: ‘n Kort humeur
  3. Dit moet humoristies van aard wees.

ARTIKELS:

  1. Minder as 400 woorde
  2. Tema: “Die kortste…”

RUBRIEKE:

  1. Minder as 400 woorde
  2. Tema: “Die korste…”

VERHALE: 

  1. Minder as 800 woorde
  2. Tema: “Dit was die kortste vakansie want…”

Innoverende mense skryf in Afrikaans.

Skryfgroete
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tokkies het ‘n nuwe publikasie gemaak