olik
bekkie skeef getrek
ogies vaal en slaperig
huilerige gesiggie
winter natneuse
wie ken dit nie
gevoel van lusteloosheid
vinnig ge-irriteer te word
geen eetlus en a-sosiaal
verlies aan rus sindroom
winter eis sy tol
olik sit meeue op rotse
koue wind sny deur hul vere
braafstes duik en vang iets
sit vinnig weer in skrale son
winter verander selfs golwe
op my duin sit ek en beskou
vandag se wintersdag en dink
aan alle winters reeds verby
met son wat al laer begin sink
winter verander ook lewens
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.