
Sommer net ‘n verlangversie
was verlange maar soos vere
wat kon wegwaai met die wind,
om êrens tussen lang gras
’n rusplek te gaan vind
dan sou ek donsveer optel
en hierdie omgee daaraan knoop;
dit met sagte asem wegblaas
na daardie plek waar jy soms loop
(gesteweld) met ’n stofpad langs
verby klip en bos en pluim
terwyl die son haar laaste strale
teen ’n purper hang laat kwyn
want iewers op jou roete
sou jy my hunkerwoorde vind –
as verlange maar soos vere was
wat kon wegwaai met die wind
© Carma Shaw
8 Augustus 2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.