Vuurfees
dit het gesmeul in die harte van mense
te teësinnig om mekaar te verstaan
dit het gevonk oor verdraagsaam se grense
en toe ’n pad van verskrikking gebaan
dit het begin met ’n vlam in die Vrystaat
eers het net gras en die bossies gebrand
maar die vuur het gewoed op die windmaat
en toe soos fakkels versprei oor die land
dit het geëindig in gloeiende stede
verkool tot reste van as en van roet
midde rookmis en skamele vrede
het iedereen vir die tweedrag moes boet
en dít, ons liewe kinders (sou julle ooit vra):
was die dood en verassing van Suid-Afrika
© Carma Shaw
01 Augustus 2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.