Jongste aktiwiteit:

Spieëlbeeld (OPDRAG 6)

Roem verwerf uit ‘n meesterhand
deur kunstige skilderwerk
beeldend teen koepelrondings
van mites oor die ontstaan
van die eersgenoemde man

vir dekades staar geslagte stom
bewonderenswaardig na verspieëlde beeld
waar ‘n wyse Skepper sy maaksel
deur slegs enkel aanraking
bevonk tot aardse lewe

maar hier diep in my wese
kriewel dié wete en waarheid
dat die eerste van eerste lewe
verwek is deur lewensasem
ingeblaas deur die Almagtige.

©Driekie Grobler




9 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed