Mite van ‘n vrou (OPDRAG 6)
Uit die skuim van die see ontkiem ‘n vrou
marmer naak op ‘n skulp kom sy tevore
aangeblaas deur Zephyrus en Chloris
stralend om liefde en verleiding te bring
Panona wagtend met ‘n lente kleed vir die godin
skoonheid haar vangnet vir die wat haar bemin
tydelike plesier sal sy ontgin
met beskeidenheid aan beweeg as sy wil
mitologie van ‘n godin vasgevang op doek
Italianer se verbeelding op soek
Renaissance geskiedenis van die vrou
liefde, skoonheid, verleiding, plesier
daar is meer as dit in vandag se vrou
© Charnê Harding
6 Kommentare
-
Driekie
Baie mooi, Charné
-
Elroux
Baie mooi gedoen.
-
Callie Vermeulen
Pragtige ene Charne.
-
Barbara
Mooi geskryf xx
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie