Jongste aktiwiteit:

ongevange

daar is ‘n mens
wat binne-in hom
‘n hele hemel dra

koi-visse
onder waterglans

skubbe
breek die son
in honderd stukke

rimpels

weerspieël
oop monde

hy steek
sy hande uit
vang vis
in die sterre

en iewers
tussen
die geel van die son
en die blou van sy hande

word ‘n wêreld gebore

@marthamariajones




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed