
Onthou
Uit die brokkies van onthou,
het die populierseisoen in goud gestaan
onder die hemel se asaltblou,
was die aarde in goud beslaan.
Ryp was die vrug van geluk
ongeken, vreugdevol, soet en rond,
waarvan ons kon geniet vir ‘n ruk,
maar uit tyd en pas val dit op die grond.
Stom, was die bergwind se geween
in die prentjies van my onthou,
maar sigbaar in die cumulusslee
van wit en grou teen asaltblou.
Reën en sneeu oortrek die aarde nou,
gestroop, ontklee, kaal en bleek
staan populiergeraamtes teen die grou,
alles is wit, witter, grou en leeg
Teen ‘n muur tik, tik die uur verby
in my onthou die laaste beeld
van jou wat bly
kalm kontras, laaste woorde wat nou heel.
© CJ Laing 13/01/2019
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Woordsmous
Mensig, wat 'n wonderlike beeld van liefde en geluk wat so mooi is soos die populiere in goud getooi, en dan die dood wat die sonlig wegneem, die warmte van die lewe vervang met die koudheid van die dood, wat die sonlig van liefde vervang met die grou lig van hartseer...maar aan die einde die berusting en troos die 'kalm kontras, laaste woorde wat nou heel.' Die kontras van die woorde se kalmte met die innerlike stroms wat gepaardgaan met die groot verlies van 'n geliefde. Jy mag maar See-jay!