Jongste aktiwiteit:

Op die vlerke van die wind

Op die vlerke van die wind

soos die dartel van die wind
sweef jou woorde my kind
oor die sag wit vlaktes in my hart
vergeet ek al my eensame smart

soos die warrel van die wind
die rus van vrede vind
deur die drif van soel waters gaan
soekend op die wind se vlerke staan

Refrein
ek soek die vleuels van die wind
waar ek stilte kan vind
in die dartel van die wind, my kind
na die man op die silwer maan
op my soeke in my wentelbaan
waarop net ek en jy gaan

soos die suising van die wind
dans jy walsend my kind
op die windweg van my lewe
liedjie vir dit waarna ek strewe

op die vlerke van die wind
my kind
sal ek vrede vind
op die vlerke van die wind

soos die fluitspel van die wind
waar die storms kalmte vind
ek die wel en weë kan besing
wat die winde op hul vleuels bring

Refrein
ek soek die vleuels van die wind
waar ek stilte kan vind
op die dartel van die wind, my kind
na die man op die silwer maan
op my soeke in my wentelbaan
waarop ek en jy gaan

©Kopiereg Linda du Plessis 15/11/2017




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed