Jongste aktiwiteit:

ken jy die land

1. Ken jy die land waar die springbokram pronk
En ook die klank waar die watereend honk
Savannah buffels op vlaktes wei
En roofdier prooi na slagting lei.

2. Die land waar aasvoëls op bergkranse broei
En uitstreep gwano hul nes verklaar
Waar geelhout hoog teen die berge groei
Die luiperd sy woede ontlaai.

Koor :
Dan ken jy die land
Dis altyd groen
Waar selfs die winter
Nie als uitwis
Dit is die land
Waar mens eerlik kan dink
Hul laggend by braaivleisvuur rinkink.

3. Ken jy die vaal waar die keerwal opdam
En henglaars nog in poel visse vang
Visarend laag oor die water veer
En die karpe boer indie lente daar.

4. En bosbokram sy blaf uithyg
Wat in mistige klowe opstyg
Getjank van hyena simfonie
Gedruis van pote in harmonie.

Koor:

5. Ken jy die mens van Magalakwen se wyk
Waar rooibok mis die bos verryk
En koedoes sierlik oor heinings vlie
Kopers op Afrikaner beeste bie.

6. Waar tortelduif selfs in maanlig sal koer
En hadidas jou wakker sal raas
Waar half-verkluimde insek sloer
Mossies oor gerypte gras haas.

Koor :
Dan ken jy die land
Dis altyd groen
Waar selfs die winter
Nie als uitwis
Dit is die land
Waar mens eerlik kan dink
Hul laggend by braaivleisvuur rinkink.

©Teárlach




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed