Jongste aktiwiteit:

Trane op swart spore

Trane op swart spore

my oë en hart traandruppel strome
as die hartseer-fontein uitborrel van onthou
van die verlange na ons se saamwees toekomsdroom
nou slegs weggefluit saam met stoom
tonele verbyflits my menswees in rou
in ‘n tjalie van hartseertrane toevou

klik-klak-klik-klak op die swart spoor
ek het jou vir ewig verloor
eensaam staar na vlietende tyd verby
verspeelde ure vir jou en my
in jou arms is ‘n ander vrou
saam met wie jy nuwe toekomsdrome bou
eensaam staar ek nou in die niet
stoom kragloos na ‘n toekoms so verniet

die maan strale blink op swart spore
ons lewens paralel wat nooit weer sal ontmoet
jy ons liefdesvlam uitblaas vir altyd verlore
geluk en vreugde nie beskore
flymskerp kerfies uit my siel toe jy vir oulaas
op die perron jou soen op my lippe plaas

klik-klak-klik-klak op die swart spoor
ek het jou vir ewig verloor
eensaam staar na vlietende tyd verby
verspeelde ure vir jou en my
in jou arms is ‘n ander vrou
saam met wie jy nuwe toekomsdrome bou
eensaam staar ek nou in die niet
stoom kragloos na ‘n toekoms so verniet

hoor die klik-klak sonder melodie
jou lippe vol leuens het heuningsoet gestreel
verwese inmekaar laat krimp sonder harmonie
diep wonde wat nooit ooit weer sal heel
met soet wyn wat versuur sterre wat verskiet
wonde sal nooit heel- my drome was verniet

klik-klak-klik-klak op die swart spoor
ek het jou vir ewig verloor
eensaam staar na vlietende tyd verby
verspeelde ure vir jou en my
in jou arms is ‘n ander vrou
saam met wie jy nuwe toekomsdrome bou
eensaam staar ek nou in die niet
stoom kragloos na ‘n toekoms so verniet

©Kopiereg Linda du Plessis 16/11/2017




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed