Jongste aktiwiteit:

JY MAAL IN MY GEDAGTES

JY MAAL IN MY GEDAGTES

Jy maal in my gedagtes rond
jy lig my voete van die grond
soen my sagkens op my mond
draai my saam in my wêreld rond

jy maal in my gedagtes rond
ons kaalvoet in die sagte grond
ons voete sweef oor die grond
liefde dwaal in gedagtes rond

ek verdwaal in jou drome rond
met my voete op vaste grond
jy draai my hele wêreld om
wanneer sal jy na my toekom
om ons mooiste drome na te kom
het my hele lewe om gedroom
my drome het nou waar gekom
woorde is min ek staan verstom
my mooiste goue sonneblom

Eleen van Deventer Vorster




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed