Jongste aktiwiteit:

In die sug van die wind

As die wind snags laat
teen verweerde luike
van die ou klippondok ruk,
word sy oorweldig deur
verlange wat sy kloue styf
om haar hart vasdruk!

Stilte verbreek
deur die nagwind
wat deur die nokke
van die ou opstal loei,
en brandende snikke
van ʼn hart wat
wat brakbitter bloei!

Onrustig rol sy rond
en probeer tevergeefs
gedagtes verwerp
wat haar van slaap vervreem –
gedagtes oor leuens
wat haar van menswees ontneem

Denke aan ʼn hart wat
tragies vir liefde geval
en gesterf het
en suur deur hartsverraad
en wantroue bederf het.

In die sug van die wind
hoor sy nog die hol stem
van haar beterwete
wat hard met haar praat,
en waarsku oor ʼn liefde
wat haar gebroke en bitter
in die steek sou laat.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed