Jongste aktiwiteit:

Patriarg

Patriarg

Ek staar af in ‘n ou onthou gang
herinneringe soen sagkens my terug verlang
ek herroep elke oomblik vars gepreserveer
houbaar in my geheue

‘n tyd lank
ons geliewe Patriarg
verlief op pavane musiekprag
renonkelagtig rank
die note vas teen gehore in ‘n binnehof
heroïese musikant geprys met faam en lof

sy note grawe heelkragtig deur jou siel
prikkel elke verjaging van verniel
asembenemende vingerpunte haastig oormekaar
klawers en pedale takties onafskeidbaar
die een die ander, begelei met intensiteit
weggevoer in verruklikheid

bekendheid
grawe ‘n gat
onversadig neem hy net wie hy wil vat
begriploos
gulhartig belangeloos

‘n tyd lank ons geliewe Patriarg
jy het soveel vermag
tog, het gewildheid jou beroof van ‘n glimlag
musiek was al wat jy begeer
niks meer
nooit kon droom, dit sou jou lewe so beheer

met patina volgepak oor uitblinkstukke op ‘n vertoonrak
kopergroen hartseer oor herinneringe aangepak
klavier onder stof
verlate met ‘n foto verdof
‘n lewe uitgedof…

…en saggies nogsteeds die stil eggo van lof
-ín- die hart van my binnehof

©️Wendy Leigh




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed