Poort van die heuningbye – Hoofstuk 17
Poort van die heuning bye (17)
Oom Jan Cilliers, is oud maar hy was op sy dae ʼn sterk man, hy hardloop met al die krag waaroor sy liggaam beskik na vore en ruk die perd van die Offisier in beheer tot stilstand.
Die Engelsman, onbewus van die gebeure agter hom met die wa, gryp na sy karwats om die ou man te slaan maar Jan gryp die karwats vas met sy sterk groot hande en met een beweging tuimel die offisier na die grond. Die perd steier agteroor totaal verskrik.
Jan gryp die Offisier agter sy nek en sleep stoot hom na die agterkant van die wa.
Wanneer die Offisier die dooie vertrapte kind onder die wawiel sien begin hy op die Hensoppers gil en skreeu:
“Stop the wagon, we are not barbarians, stop !”
Die Hensoppers spring van hulle perde af en gryp die span osse van voor. Die drywer ruk die span tot stilstand. Susan se liggaampie is nog gedeeltelik onder die wa haar hoof totaal vergrys.
Die Offisier begin opgooi, hy is grou in sy gesig. Tante Mini het die vlugsout voor Martie se neus gehou sodat sy kan by kom. Daleen en Henry is histeries.
ʼn Kalmte kom oor Martie God straf haar sekerlik vir haar verborge liefde die sy koester vir Kobus Brink ja, dit is haar straf. Hy neem haar kosbaarste besittinge een vir een weg, eers die huis van rykdom, die pot lensiesop, het Hy laat verbrand, nou begin Hy vanaf die jongste een vir een haar kinders wegneem. Dit is die prys wat sy vir liefde moet betaal, maar waarom moet Hy die Engelse gebruik om haar te straf? waarom nie direk deur Homself nie.
Sy gaan staan voor die Offisier en in perfekte Engels spreek sy hom aan:
“This incident the entire world will know about, and all your superiors in Great Britian, every Newspaper in the world will be informed, and i am cursing you and your entire family and the British Nation, God will give us our revenge one day”.
Hy staar verslae na die welsprekende boerevrou. Vrees weerkaats wit soos dood gebroke oë in sy kykers, angs hang aan sy half oop lippe waar geen geluid uit kom nie.
Die Offisier begin skreeu op die Hensoppers en slaan met sy karwats links en regs na hulle:
“Grawe die kind uit ! lig die wiele op, neem die graaf agter op die wa en grawe ʼn graf nou, dadelik. Julle landsverraaiers ek het geen respek vir julle nie” Die Hensoppers is doodstil hulle begin onverpoosd werk.
Dit was ʼn volle drie uur later toe die liggaam van Susan in klein stukkies by mekaar geskraap kan word, elke stukke been en vlees verpak Martie woordeloos in die oopgespreide kombers met al die kleding van Susan rondom opgerol soos
die sagte voering van ʼn doodskis.
Die graf is nie diep genoeg volgens ʼn graf onder gewone omstandighede in
ʼn begraafplaas nie, maar diep genoeg vir die barre omgewing op die oop vlaktes
van die Vrystaat. Martie kniel langs die graf en grawe die rante weg met haar hande die bloed van haar vingerpunte meng met die bruin Vrystaat se grond.
Oom Jan het oor geneem:.
, “Vrouens knoop julle voorskote aanmekaar ons moet die liggaam laat sak, ook julle rokke se bande.”
Die vrouens begin hulle voorskote en bande losknoop. Voorskote word van uit die bondels gehaal Daleen en Henry begin knoop die voorskote aanmekaar.
Die offisier sien wat gebeur en bring die karwatse van die soldate vir hulp, Martie stoot hom weg,
“Go, Go, we do not need assistance from murderers”.
Hy stap verslae terug, haar woorde ontstel hom dit is duidelik sigbaar dat
hy in stryd is met sy emosies.
Eindelik kan die liggaam gerol in die kombers na benede sak. Martie kan geen trane stort nie sy is soos die dorre Vrystaat se Vlaktes wagtend op die reën seisoen. Daleen en Henry huil ononderbroke.
Oom Jan slaan sy Nederlandse Bybel oop; “Ek lees vir ons uit Psalm 22 vers 20 en 21.”
“Maar Gij, Here, wees niet verre; mijn sterkte, haast U tot mijn hulp. Red mijn ziel van het zwaard, min eenzame van het geweld des honds”
“laat ons sing, Prijs den Heer”
Die paar droewige stemme swerf oor die kaal vlaktes. Die Engelse en Hensoppers kyk weg vanaf die vlaktes na die vaal blou lig.
Oom Jan se stem kom soos ver-ver vandaan na Martie aangesweef.
“laat ons afsluit met Vers 32 van Psalm 22.”
“Zij zullen aankomen en zijn gerechtigheid verkondigen aan het volk dat geboren wordt; omdat Hij het gedaan het.”
Oom Jan en Henry neem die graaf en om die beurt begin hulle die graf dig gooi. Daleen soek na klippe om die plek te merk waar haar Suster alleen op die Vrystaat se Vlaktes van haar Geboorteland gaan agter bly. Sy het reeds ʼn prys betaal vir die vloek om Afrikaner te wees teen die magtige Engelse Nasie.
Die reis gaan verder nog twee plase word afgebrand en vernietig en nog twee hawelose gesinne sluit aan by die groep. Die nag moes almal slaap op die oop vlakte onder die sterre met elkeen een beker rantsoen water.
Martie weet nou dat die gerugte oor die kampe waar is. God behoed en beskerm hulle is al wat sy kan prewel as gebed.
Word vervolg.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.