Poort van die heuningbye – Hoofstuk 18
Poort van die heuning bye(H18)
Dit is namiddag as hulle eindelik die Konsentrasie Kamp agter die draad bereik buite Bloemfontein. Martie sien die kakie kleurige tente staan op die dorre kaal vlaktes, geen boom in sig nie die tent kleur verskaf die vaal groen kleur aan die aard bodem.
Haar voete is vol blase en dit is rou geskuur tussen haar tone. Daleen praat al vir ure nie meer nie haar voete is ook vol blase. Met die dood van Susan het sy afgeskakel en haar gees verplaas na iewers waar sy onbereikbaar is. Martie is bekommerd oor Daleen sy benodig dringende hulp van ʼn Dokter of Geestelike begeleier.
Henry praat weinig maar probeer haar behulpsaam wees sowel as
om fisiese hulp te verleen aan die bejaarde Cilliers egpaar.
Tante Mini sleep net haar liggaam voort sy is liggaamlik verswak. Oom Jan steun haar steeds deur sy hande onder haar elmboog te plaas dan kan hy haar regop hou.
Die wa gaan deur die kamp hek binne. Martie sien vroue en kinders langbeen sit plat op die grond tussen die tente. Hulle staar met ʼn wesenlose kyk na die groep nuwe toevoegings tot die “Huis van Satan”.
In die kamp hang ʼn vies verotte lug soos lyke wat vir ‘n lang tydperk op een plek bly lê het en die liggaam vloeistowwe het reeds uit gevloei op die dorre aarde dan stink selfs die grond na dood.
Twee Offisiere kom uit ʼn groot tent gestap met ʼn lys in die hand hulle begin tente toewys aan die nuwe groep. Martie, haar twee kinders en die Cilliers
egpaar word dieselfde tent toegewys. Hulle pak hulle bagasie en gaan op soek na die tent.
Die tent se voor klap is oop en ʼn vrou kom gebukkend na buite.
“Middag suster, Middag Oom en Tante, ons sal die plek goed moet uitwerk want nou is ons tien persone in die tent, waaronder my seuntjie die sterwende lê in die tent nog tel as lewend”
“Tien mense maar dit kan nie wees nie?. Ek gaan dadelik na die offisier en versoek om dit te verander” sě Martie,.
“Sterkte Suster, as jy dit kan reg kry word die vlakte ʼn see”
Martie stap regop met die kop hoog na die groot tent. Aan ʼn skryftafel sit ʼn ouerige offisier met vlamrooi hare en roos kleurige wange, hy laat sak sy pen en kyk haar aan.
“Ja, wat soek u?”
“Ons is tien mense in een tent dit is nie higiënies nie en sonder enige privaatheid kan u dit verander?”
Hy begin lag, gooi sy hoof agteroor en hou sy hande oor sy maag soos
hy lag …“Privaatheid, Higiënies!”
”.Waar kom u aan hierdie ideë ? julle Boere volk is vuil smerige mense, tien mense in ʼn tent is ʼn geskenk wag tot ons nog meer in u tent plaas”.
Hy staan op van agter sy lessenaar en wys met die vinger na Martie…”Uit…Uit…Uit nou dadelik”!
Martie kan haar nie voorstel hoedat hulle almal in die tent gaan inpas nie. Sy keer hoog ontstoke terug. Sienie Senekal die vrou wie haar waarsku om nie te durf klae nie sit op die grond. Langs haar op ʼn gevoude kombers lê ʼn seuntjie van vyf jaar oud niks starende, sy liggaam bestaan uit net die bene met ʼn vel daar oor. Sy mond hang oop en die vlieë wil steeds na binne vlieg. Martie besef dat hy reeds afskeid geneem het van die lewe maar net die hartjie bly nog pomp.
“Sienie is hier geen beddens of stoele nie?”
“Martie hier is niks ons slaap almal op die grond as dit reën kom al die water na binne daarom het die mans slote gegrawe agter die tente dat die water kan wegvloei. Alle beddegoed is deurdrenk na ’n nag van reën en al die nat komberse moet oor die tente droog word.”
“Is julle plaas ook afgebrand?”
“Ons plaas was van die eerste plase wat afgebrand was en alle diere is dood gemaak. Selfs die honde was in die vuur van die brandende woning gegooi. Ek hoor steeds hulle blaf van die pyn en die gille van hierdie sterwende kind. Hy wou die honde uit die vuur gaan haal”
“Sienie as die kind sterf, kom die kamp Dokter uit na die tent?”
“Suster Martie, ons dokter self ons mense die Engelse het geen genade vir ons nie indien ons mediese hulp versoek word ons geplaas in ʼn sekere tent en kom nooit meer terug nie . Ons doen alles om te verhoed dat ons nie na die tent moet gaan nie.”
“Die kind moet wel dood gesertifiseer word en die oorsaak moet gedokumenteer word?”
“Suster Martie, hierdie kind is geestelik reeds dood maar ek hou net die kloppende hart hier in die tent sodra sy hart stop moet die lyk buite langs die tent geplaas word en môreoggend vroeg kom die wa om en gooi al die lyke daarop. Hulle vervoer die lyke vyf myl hier vandaan. ʼn Bejaarde predikant
hou ʼn lyksrede, en ons stap tot by die begraafplaas om daar afskeid te neem.”
“Het hulle baie doodskiste?. “
“Hier is geen kiste meer nie eers was die spykers op, toe die planke, ons draai die lyke toe in ons klere, rokke, onder rokke, enige kleding stuk bruikbaar. Een van die leë tente het ons in die nag opgesny vir gebruik van die seil die Engelse het een dag van die rantsoene af gehaal. Dit maak geen verskil aan ons nie want ons sterf almal van die honger hier, veral die kinders.”
“Ma, Ja Henry?”
‘Waar moet ons slaap? Hier is geen plek nie?’
“Henry ons rol maar die beddegoed op gedurende die dag en ons sal almal moet saam besluit hoedat ons die spasie indeel. Ek gaan nie dat hulle my onder kry nie, my kind het hulle vermoor maar vir julle twee gaan ek veg met die laaste krag in my liggaam”
“Sienie, waar word die rantsoene uitgedeel? “Suster die Hensoppers deel dit uit by die tweede ry tente agter die groot Tent. Dit is maer vleis, geen groente, meel vol met lewendige diertjies!…die moet eers uitgehaal word voordat die meel gebruik kan word, melk bestaan nie hier nie. Die kinders kan nie oorleef sonder melk nie en Suster Martie, hier is die dood “Blydskap en verlossing en ‘n dierbare vriend”
“ Is daar ʼn winkel in die kamp”
“Sekerlik, die Engelse Soldate koop daar ons kan dit nie bekostig nie”
Martie voel die geldbelt teen haar liggaam, as daar geen ander uitkoms is nie sal sy gebruik moet maak van die winkel ook vir haar Mede tent bewoners.
Sy gaan ʼn Organisasie begin onder die vroue om mekaar te help in die nood en sal probeer inligting uit smokkel na die kolonie vir publikasie aan die buite Wêreld. Die Engelse is besig met massa moord onder die voorwendsel van beskerming.
Word vervolg.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.