Jongste aktiwiteit:

Potpourri van Emosies

Potpouri Van Emosies

Dikwels is ons sommer net hartseer,
sommer net bedroef,
oor wie,
oor wat,
hoekom?
Dis ‘n potpourri vol emosies
van al jou hartseer en vreugdes
saamgegooi in een mengelmoes,
sommige werklik en ander vaagweg
onthoude stemme in die verre verlede – – –
Soos die harlekyn veins ons ‘n mooi
glimlag en poseer soos ‘n model voor
al die oë soos kameralense op jou gerig,
en verberg die rou hartseer en trane
diep, diep binne die donker geheime
kelders van jou hart vanwaar dit soms
so onverhoeds opborrel soos uit ‘n krater
magmapoel en ongemerk tersyde ‘n warm
lawatraan oor die wang biggel – – –

Janetta – Helena [Babs]©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed