
Het ek Gestaar?
Het ek gestaar?
So twee tafels verder
kyk hy ingedagte terloops op
vas in haar oë en versteen momenteel
kompasloos reddeloos verlore in die
mooiste aanloklikste seeblou meerminoë
met ‘n boodskap geheimnisvol onpeilbaar
wat skakeer in viooltjieblou en turkoois oësee
en onder ‘n vraende ondersoekende blik
ontwykend agter versluierde wimpers
opstaan, haar rekening betaal, en uitstap
en hom tot sy sinne ruk!
Het ek gestaar, rêrig net gestaar?
Maar wag,
iets het saggies daar geval!
Gou, die koffie is hoeka koud – – –
Janetta – Helena [Babs]©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Amaspoke
Ek het so meisie ontmoet eendag, die pragtigste blou oë het sy gehad. Altyd as ek iemand sien met blou oë dink ek aan haar.