Jongste aktiwiteit:

Resensie: Die Film, PARYS KAN WAG

Parys kan wag

Francis Ford Coppola, seun van Italiaanse immigrante in Die VSA, is met sy agt-en-sewentig jare een van Hollywood se vooraanstaande regissieure en het mettertyd ‘n reuse „dinastie” om hom geskaar. Sy kinders het veral as toneelspeler beroemd geword, maar ook regissieur; onder sy nefies is ook bekendes, byvoorbeeld Nicolas Cage. Sy vrou Eleanor het in dokumentarfilms gespesialiseer en het nou in haar ouderdom ook nog ‘n speelfilm gedraai.

[Paris kann warten, (Oorspr. Paris can wait); 13. Julie 2017; USA/Japan; regie Eleanor Coppola; met Diane Lane, Arnaud Viard, Alec Baldwin, ea; vanaf 0 jare; 92 min.]

Die huwelik van Anne (Lane) en Michael (Baldwin) toon krake op die oppervlakte, en, nadat hul werk in Frankryk klaar is, wil hulle met ‘n gemeensame vakansie aan die Middellandse See probeer om dit weer in lood te bring. Hy is ‘n suksesvolle Hollywoodregissieur en word skielik na Budapest op ‘n sakereis afgeroep. Sy wil nie saamkom nie en hulle besluit om mekaar in Parys weer te sien. Jacques (Viard), Michael se vennoot in Frankryk, bied aan om Anne soontoe te bring want hy moet in elk geval ook daarheen ry – ‘n rit van ‘n paar ure – dan hoef sy nie met die trein te ry nie.

Daar klim Anne in sy blou Cabrio in en hulle ry weg, maar Jacques kry dit reg om die tyd op twee dae uit te brei. Vol lewenslus en sonskyn geniet Anne sy flirtversoeke, die pad word al hoe langer en dit word dan ‘n roadmovie waarin die twee van die een beeldskone kasteel of lekkersmaakrestourant in ‘n outydse dorpie na die ander ry — „Iets wat jy rêrig móét sien voor jy huistoe gaan!” — deur die betowerende Franse landskap met sy imposante berge, welige woude en hier en daar ‘n lieflike buiging in ‘n sonnige rivier vol skitterende water.

Alteveel toneelspelkuns word nie verlang nie. Anne moet net mooi lyk en verras wees met alles wat haar opgedis word en af en toe skugter sy naderingsversoeke aanneem. Sy het heelwat geleentheid om „Hhh!” te sê as sy oorweldig word van al die mooigeid (een van Diane Lane se brandmarke, so ken ons haar mos). Wat sy graag dóén, is om alles, veral die lekkere etes, te fotografeer. Van m’sieur Viard word nie veel meer verlang as dat hy met ‘n sjarmante Franse aksent praat en die hooflike gasgewer speel. Jacques is egter nie ‘n skowwejak nie, en hulle slaap in twee verskillende kamers.

Aan die einde van die reis weet ons nie of Anne ‘n nuwe lewe met hierdie gawe kêrel gaan begin, of na haar eggenoot gaan terugkeer nie. En Anne ook nie.

Eleanor Coppola, wat hoofsaaklik soiets soos die amptelike argivares van haar familie se films gewees is met „making ofs” en ander agtergrond-dokumentasies (sy het ‘n „Emmy”, ‘n soort TV-Oscar, gekry vir haar daarstelling van die ontstaan van „Apocalypse Now”), het met tagtig jare haar speelfilmdebuut gemaak, moontlikerwys ‘n wêreldrekord. Die hupstootjie daartoe was ‘n vakansiereis ‘n paar jaar gelede deur juis hierdie gebied. Die rolprent kan beskou word as deels-outobiografies. Of as ‘n toeristiekfilm. Of ‘n reklamefilm vir die gastronomie in hierdie streek. Waarmoontlik alle drie saam.

Iemand het die film ‘n somerromanse genoem, ‘n genieterige liefdesverklaring . . . aan daai vakansieland Frankryk.

Iemand anders het gemeen: So sien die Amerikaners Frankryk en die Franse. Met die werklike Frankryk het dit niks te doen nie. ‘n Vervelerige, holruggeryde film. Die handeling is nie geloofwaardig nie. Tussen die twee reisgenote moet dit eintlik vonk, daarvoor wag mens vergeefs. . .

Regso. Jammer, maar dis só nie ‘n speelfilm nie. Hoogstens ‘n aangename vorm van „infotainment”, kougom vir die oë. Vir my by hierdie winterlike temperature ‘n welkome lafenis.

©4e.Januarie2017……◄]:o(٤ ※ (o;╞……………………………tje




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed