Jongste aktiwiteit:

SA stories SKRYWERS kompetisie – (Storieplan) Sluitingsdatum 30 April 2017

‘n groot uitdaging vir ons skrywers. Beplan jou storie, vul die Storieplan in en skryf dan jou storie van nie meer as 1,500 woorde nie. Plaas jou storie op www.ink.org.za en stuur dan ‘n e-pos met al jou besonderhede en jou ingevulde plan deur na skryfafrikaans@ink.org.za (Jy kan die vorm oortrek na ‘n word.doc en daar invul en dit dan vir ons aanstuur)

Die prys wat gewen kan word is ‘n volledige en GRATIS proeflees en redigering, dan is jou storie gereed om aan ‘n tydskrif te stuur vir ‘n moontlike plasing

Ek plaas dus die STORIEPLAN met erkenning en toestemming van Janie Oosthuysen van Skryfgeheime

DIE UITGEBREIDE STORIEPLAN – Dit kan ook dien as ’n kontrolelys.

WATTER SOORT STORIE GAAN DIT WEES? WAAROM?

BINNE WATTER RUIMTE SPEEL DIE STORIE AF?

WIE IS DIE PROTAGONIS? WAT MAAK HOM/HAAR MERKWAARDIG? OF: Watter spesiale talent of aanwensel het hy/sy?

WATTER (EEN) WOORD SOM DIE PROTAGONIS SE PERSOONLIKHEID OP?

WIE IS DIE ANTAGONIS EN WAT MAAK HOM/HAAR BESONDERS? Watter spesiale talent of vermoë het hy/sy/dit? WATTER SPESIFIEKE SWAKHEID GAAN TOT SY ONDERGANG LEI? (Onthou die antagonis hoef nie ’n mens te wees nie, maar kan teenspoed wees soos ’n natuurramp.)

WATTER ANDER KARAKTERS MOET IN DIE STORIE WEES? Sê hoekom. M.a.w. wat is elkeen se rol? OF: WATTER BYDRAE GAAN ELKEEN TOT DIE STORIE MAAK?
1.
2.
3.

WAT IS DIE VERHOUDING OF DINAMIEK TUSSEN DIE KARAKTERS? OF: HOE VOEL DIE KARAKTERS OOR MEKAAR EN HOE REAGEER HULLE OP MEKAAR?

WAT WIL DIE PROTAGONIS DIE GRAAGSTE VAN ALLES HÊ, M.A.W. WAT IS SY/HAAR DOEL? OF: WAT IS SY/HAAR STORIEPROBLEEM?

WAT WIL DIE ANTAGONIS DIE GRAAGSTE VAN ALLES HÊ?

WAT MOET DIE PROTAGONIS ALLES DOEN OM TE KAN SLAAG?

WAT MOET DIE ANTAGONIS ALLES DOEN OM TE KAN SLAAG?

WATTER HINDERNISSE IS DAAR? M.A.W. WAT LOOP ELKE KEER SKEEF WANNEER DIE PROTAGONIS PROBEER OM DIE DOEL TE BEREIK OF DIE PROBLEEM OP TE LOS? (Meld minstens 3 insidente.)
1.
2.
3.

WAT IS DIE ANTAGONIS SE ROL IN ELKEEN VAN DIE MISLUKKINGS HIERBO?
1.
2.
3.

WAT IS DIE ERGSTE DING WAT KAN GEBEUR INDIEN DIE PROTAGONIS NIE DIE PROBLEEM OPLOS OF DIE DOEL BEREIK NIE? M.A.W. WAT IS OP DIE SPEL? (L.W. DIT MOET IETS GROOTS EN BELANGRIKS WEES.)

WAT SAL DIE PROTAGONIS BEREID WEES OM OP TE OFFER TEN EINDE IN SY/HAAR DOEL TE SLAAG? M.a.w. watter prys sal hy/sy bereid wees om te betaal?

WAT SAL DIE PROTAGONIS SE BELONING WEES INDIEN SUKSES BEHAAL WORD?

WATTER VOORAFSKADUWINGS GAAN OP SUKSES OF MISLUKKING DUI?

HOE KRY DIE PROTAGONIS DIT REG OM TE SLAAG?

WAT GEBEUR TEEN DIE EINDE VAN DIE STORIE MET HOM/HAAR? WAT GEBEUR MET HOM/HAAR NADAT DIE STORIE OOR IS?

WAT GEBEUR TEEN DIE EINDE MET DIE ANTAGONIS? WAT GEBEUR MET HOM/HAAR NADAT DIE STORIE OOR EN UIT IS?

MET WATTER INSIDENT GAAN DIE STORIE BEGIN?

WAT GAAN ALLES IN DIE MIDDEL GEBEUR?

HOE GAAN DIT EINDIG?

WAT IS DIE TEMA? OF: WAT IS DIE PUNT? OF: WAAROOR GAAN DIT NOU EINTLIK? WAT PROBEER JY AS SKRYWER HIERMEE SÊ?

ONTHOU: ’N STORIE EINDIG VERKIESLIK MET, A.G.V. EN OOK BINNE-IN DIE PROTAGONIS (m.a.w. met sy/haar gedagtes oor die saak).




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

1 Kommentaar

  • Abbie

    En die wenner van Skryfuitdaging 5 is: Maritza du Preez. Jy wen 'n gratis proeflees en redigering by Leoni Benghiat van SA Vryskutskrywers. Reg vir plasing in 'n bundel of tydskrif. Baie geluk, Maritza, jy het die uitdaging presies hanteer soos wat ek gevra het. En inboks vir my jou posadres dan stuur ek vir jou my eerste kortverhaalbundel.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed