
Sedgefield Leeu
Langs die wit water
spattende teen ongesiene
vis wegkruip plekke
in grys oggend
lê ń leeu.
Voete is ongemaklik
sout nat
met boude, stert
gewortel in
droë see sand.
Prooi loop heel te klein
van tyd tot tyd verby
sonder vrees vir die
ongemaklike leeu.
Sy oë is lankal sout,
weg gehuil
in verlange na bosveld
prooi en vrou.
Alleen loop ons
in die vakansie paradys
sonder warm droogtes
of baklei vir brood
lui seisoen verbruikers
soekend na betekenis.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.