See gesig #silwer
See gesig
Donkerblou plooie dartel
oor ‘n blou-groen hoof
‘n kaneel gekorrelde kroon
glinster met splinter skulp
pêrel gevlerkte krale
versier mocha bruin wenkbroue
skerp koffiebruin oë knipoog
met sagte spatsel sproei
potblou lippe styf gespan
oor gekreukelde kake
in spierwit kant afgerond
rookwalm wolkies
warrel in die wind.
Liggaam, siel en gees
gevoed met son, sand
en see stilte.
Christa Diederiks ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.