soet en suur
jou sagte blanke vel
gesuiwer met karringmelk
trek ooglik aandag met rosigheid
op jou wange wat effens gloei
soos witperskewang
kerf jou glimlag jou emosie uit
op veelseggende gemoedstoestand
wat sigbaar soet of suur wys
hoe sou ek kon weet
dat jou skoonheidsgeheim
na soveel eeue uit Indië, Egipte
of Mesopotamië kon kom
© Tearlach.
(Gesiggie..facebook..fair use)
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Christa D
Pragtige woordgebruik