Jongste aktiwiteit:

siniese oë

soos visse in ‘n skool
gevange in ‘n sleepnet
worstel en gaap om asem
speel prentjies van gesiggies
telkens voor my kykers oog

een:
amandelvormige gesiggie
met sagte soekend oë wat vra
met mooi blosende gesiggie wat skyn
met sigbare lyntjies van alleen-wees
om die lippies wat probeer lag

twee:
ervare gesiggie met lewens lyne ge-ets
en diep bruin oë wat ver probeer sien
natuurlike voorkoms gekamoefleer
met duidelike boodskap geplaas
jy sien wat jy sien

drie:
meer volwasse gesigte met gekleurde hare
wat tragies vertel van onlangse verlies en pyn
gewoonlik vergesel van klein kind se gesiggie
met trotse verlede van wat daar was
maar hoopvol op nog ‘n kans

vier:
gesigte van alle kleure en vorms
wat gil van plesier en soms van pyn
uitdagend soms met tikkie onnutsigheid
onderbreek met die wat regtig adverteer
almal visse in die see van mensdom

so verskyn daagliks op my skerm
die roepende see van gesiggies
van mense gevang in die net
sleepnet van die internet
tentakels in elke hand

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed