Uitgespreide siervere
Statig pronk die kraanvoël
met hul lang pote
goue kuif en rooi-goue stert
gee hul hoë spronge in die lug
Draai al in die rondte
met hul sierlike lyf
buig hul koppe laag
en staan op een been
Kraanvoëls se danse is uniek
dit bekoor die mens wat daarna kyk
lang buigings, trippeldanse en kort vlugte
die dans van ‘n grasieuse ballerina
Skud gerus jou veredos
en sprei jou vlerke oop
buig vooroor en begin te dans
dans asof niemand kyk nie
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2019 projek - Dans asof niemand sien nie