SIRKELS – Opdrag 5
SIRKELS
kale voetjies
sirkel spore
sirkels rondom my
soos jy groot word
kring die kringe
wyer en wyer
vinniger al vinniger
te vinnig
om net een oomblik
stil te staan by my
draaie groter
elke dag verder
warrelend word jy om my
‘n skimme streep
‘n streep
wat later heel
v
e
r
d
w
y
n
© Barbara Smit 08/08/2018
3 Kommentare
-

Driekie
Dis baie mooi, Barbara.
-

Viooltjie
Goed gedoen, Barbara 😊
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie