Sirkeltyd
Sirkeltyd
my skippie kom
my skippie gaan
my as verdwyn
in die sekelmaan
ek roer n oog
ek roer n traan
ek sien myself
in gister staan
my las is swaar
my las is lig
my lewe is
plesier of plig
ek lig my hand
ek lig my hoed
ek stuur vir jou
‘n afskeidsgroet
die tyd staan stil
die tyd versnel
die einde bly
‘n doodsbevel
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.