Jongste aktiwiteit:

skeepswrak

 

 

golwe het woes gewoed, winde het fel gewaai,
majestieuse skip het sy rusplek op rotse gevind
geen einde aan die natuur se meedoënlose krag
einde het in wrede, waansinnige oomblik gekom

tog leef verhaal in hierdie wrak steeds voort
van dapper matrose met onvervulde strewes
hul hoop en drome gans verlore, vir ewig weg
hul nalatenskap in hierdie weskus baai geplant

laat ons een oomblik stilstaan en nadink aan hulle
wie se drome in skerwe lê op Britanniabaai se rotse

 

© Tearlach.

 




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed