SPYKERMAN
SPYKERMAN
(nie vir sensitiewe siele nie, blief)
…..Enne dit was tussen daai sagte, duur Satynlakens wat ek regtig-egtig (honor bright) vir Spykerman leer ken het. Daai… daai seunskindmensprinse; hulle het sommer totties gehad; maar Dick en sy satansgesante was base van klipharde, wrede monsters wat my piepiegaatjie nog kleiner gemaak het as wat totties het. Baie-baie kleiner (liewer Here….). En enige ding moet tog ‘n naam hê; van ‘n hansgat hoenderhaan tot ‘n oorlamse Feetjielandkat wat baie lief was vir warm tee wat sy snorrebaarde laat smelt het. Dis hoekom daai dik, harde vuurrooimonster ook ‘n naam moes gehad het.
Die…..Die heel eerstekeer toe ek daai groot, lelike monster se hart tussen my twee handtjies voel klop het (terwyl die ander oom op wie se skoot ek moes gesit het probeer het om met sy bangmaak-seermaakding ‘n hotdog tussen my boudjies te maak); dis toe dat ek rêrig-êrig geweet het…. Net so kon daai lelike, afgryslike ding klein dogtertjies se lyfies ontsettend (Liefste Jesus, hoe ongoddelik vreeslikbaie!) einamaak. Stukkendbreek. Haar hartjie en siel gulsig op en af tussen sy harde tande maal en vraatsig helemal insluk.
Later.
Later die snotterige oorskiet op die ou Ghwarriegat gaan neersmyt het. En…… Per dalks is dit net die Messias van God en die Hel se donkergesalfde wat weet – soos in onvoorwaardelik weet (!) wat daai eina aan ‘n kleindogtertjie se siel doen.
………..maar…………
Spykerman.
Soos daardie verby anderdag lank-lank gelede op ‘n plek ver-ver van hier.
Soortvan………Sommer net toe…….. Toe hulle met my gemaak het soos met Liewe Jesus op Skedelkop se stuk Hout. Behalwe dat die spykers nie in my handjies en voetjies was nie. En behalwe dat my beentjies baie se baie verder uitmekaar uit gerek was as my Vuuroog Hero s’n. Dit was die enige rêrige behalwes gewees, honor bright – ek jok nie. ‘Want daar was ‘n houtkruis, my Redder aan ‘n houtkruis vasgeslaan’…..
Die bangmaak draak het met sy punt probeer inkruip in my piepiegaatjie. Maar sy kop en sy lyf was aspris te groot en my piepiegatjie per ongeluk nie grootgenoeg nie. Is nie, ek wou nie aspris spitefool gewees het nie – die gatjie was te klein omdat ek nog te klein gewas….gewees; ag, dêmmit, man….te klein was. Die seunskindmensprinse het nie so baie diep probeer inkruip met hulle totties nie,cause why omdat en oordat hulle was bang dat my piepiegaatjie; of toemaar …… Maar……….
Maar die draak het net kwater geword en sy siedende lyf meer; harder begin stamp.
Dis ….. Ek; jy kan maar vir Liewe Jesus gaan vra; ek was nie ‘n sissie nie. Honor bright, ek was nie. Máár met die draak se beurende lyf; ek het die oom hartverskeurend gesmeek.
Met simpel huiloë soos ‘n regte sissie gesoebat, oodat…….sommer….. oordat die eina en die skrik het my kindlyfie soos ‘n seeskip in ‘n wilde, woeste storm laat ruk. Ek het hom belowe (honor bright); hy kon my eie, persoonlike kitaar kry wat my grootbroer vir my gekoop het en waarvoor ek ‘n 1000maal liewer was as Laurika vir haar ou, swart kitaar..of my spaarblik hondjie – enig iets!
Ek sou vir hom enige iets gegee het as hy net weer daai lelike draak met sy rooi einamaaklyf wou keer om dieper in my piepiegatjie te probeer inkap. Rêrig, ek sou! Honor bright, as hy net weer die bangmaakdraak wou platmaak (kap) en hom terugsit in sy broek.
Hammer-spyker; kap. Kap; oordat en omdat in sy broek kon die draak niks aan klein dogtertjies gedoen het nie. En daar binnekant was oorgenoeg plek vir sy lyf…..Is, daar was!
Ek….Ek het op my heel-heel mooiste gevra. Groot-groot seblief tog oom. Groot-groot seblief tog; oomie.
Maar. Die oom het net sy twee hande stywer om die draak gehou. Ophou kap. ‘n Oomblik lank gelag. Snaakse geluide het deur sy gejaagde happe na asem gesny. Iewerster; iewerster ge-eggo en die kamer meer laat skrik.. Toe. Toe….Maak hy presies soos wat daai kroek ouens op Skedelkop se Hout met my Hero gemaak het toe die spykers nie helemal wou inkap in Sy hande nie. Harder.
Harder. Kap. Hamer-spyker-hamer-spyker. Spyker. Spyker; die pyn toe die spykers deur die Bloed daardie Houtkruis kraak.
Hamer-spyker. Die swaar houtbed het gekraak. Toe. Die harde, dik spyker deur die bloed daardie klein gatjie groter skeur……… Die pyn; die helse, verskiklike eina! En die draak; Spykerman wat behaaglik ‘n hond uit ‘n bos uit tussen my twee wydoop beentjies gejol het. Wat gemaak het of hy my lyfie wou los. Net om weer dieper in te kruip in die stukkende bloedgaatjie wat nou net so rooi soos……soos hy gewas het.
Spykerman!….. Maar.
Maar nê; toe kom daar ‘n anderdag se eendag se windverflenterde fraaiing-dag ‘n Man met Vuurvlam-oë en ‘n forse, spierewit Arabierse resiesperd en Hy het my uit elcheappo se gatsak uitgehaal en my weer Syne gemaak. En ek dans weer op Sy voete soos toe ekke eers ‘n kleindogtertjie gewas het lank-lank gelede op ‘n plek ver van hier – my Hero; my Lord of the Dance.
Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie; en mag jy vandag die tower penveer van ‘n engel in jou hart optel.
©Liza Daniells
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.