stok
met my koggelstok
hou ek jou op afstand;
veilig, sodat daar geen
botsing kan kom nie
met my lipstok
hou ek myself in toom
sodat ek nie te opgewonde
raak oor jou in my lewe nie
so het elkeen sy stok
waarmee sy lewe gereël word
of dit ingebou of aangeleer is
maak nie saak – dit is daar
© Tearlach.
Koggelstok – is gebruik om twee voorperde van mekaar te hou, sadt hulle nie verstrik in die tuig nie
Lipstok – word gebruik om ‘n balhorige dier onder beheer te kry en te hou.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.