Jongste aktiwiteit:

ek(ons)belowe

 

 

geloftes: gister, vandag en môre

 

6 April 1654 – Op hierdie dag Jan van Riebeeck 6 April verklaar as ‘n openbare vakansie dag en ‘n Dankdag vir al die weldade ontvang.

 

9 Desember 1838 tot 15 Desember 1838:

Hierdie gelofte is op 9 Desember 1838 vir die eerste maal deur Sarel Cilliers voorgelees te Danskraal. Die Trekkers het hierdie gelofte daagliks herhaal tot 15 Desember.

 

13 Desember 1880 (Paul Kruger)- Ongeveer 8000 Burgers vergader by Paardekraal vir ‘n volksvergadering, pak ‘n klipstapel en lê saam met Paul Kruger die Paardekraal Gelofte af, in aanloop tot die Eerste Vryheidsoorlog.

 

geloftes is belangrik vir enige volk

vanuit geloof in God word dit verklaar

volgens die Woord van God moet dit

nie ligtelik gemaak en verbreek

word nie – soos ‘n kontrak

aangegaan tussen

jou en jou God

 

ware geloftes is nie afhanklik

van enige politieke bestel nie

moderne mense besef hul onvermoë

om geskiedkundige geloftes na te kom

pleit hulle eerder om genade en vergifnis

dit verander egter nie die betekenis nie

dit moet nog steeds nagekom word

 

om geloftes na te kom

moet jy en jou kinders dit verstaan

dit is deel van jou volk se erfenis en kultuur

modernisme gee egter nie veel om daarvoor nie

soos hul Christenskap saam met politieke korrektheid

by die voordeur uitgegooi word

gooi hul ook hul erfenis weg

 

alles ter wille van sogenaamde vrede

so word basiese morele beginsels verwater

volke en nasies word glo verenig deur sport

nasiebou word ‘n reënboog wat nooit

weer om die regte redes sal verskyn

“as jy nie weet waar jy vandaan kom nie:

sal jy ook nooit weet waarheen jy oppad is nie”

 

© Tearlach.

 Geloftes is kosbaar:

Stroop geloftes van alle politieke misbruik, tweespalt, verdeeldheid, skuldgevoel.Vertrou nie op mense, regerings, menslike skeppinge en uitvindsels nie. Veral nie in ń tyd waar die Oppergesag van God nie meer erken word in grondwette ens nie.Ons lotsbestemming moet aan God verbind wees. In afhanklikheid en dankbaarheid.Geloftes verbind ons, in ons harte moet geskryf wees…Ons vertrou op God.Ons dank God.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed