
Tyd
Tyd
( O tempora, O Mores = Cicero.
Oh, the times, oh the customs!)
O, die tyd,
die tyd en vervalle sedes!
Is jy vyand
of vriend?
Gesigloos ontasbaar
takel jy straffeloos af—
Abstrak stu jy voort
sekonde vir sekonde
eksak op metronoomslag—
Wie is jy,
wat is jy,
hoe lyk jy?
Nag word dag
en dag word nag
in ‘n ewige siklus en
die mens is jonk en word oud
magteloos tydgebonde—
O, die tyd, die tyd
is jy vyand
of vriend?
Janetta – Helena (Babs) ©
4 Kommentare
-
-
Evelyn van der Merwe
So verander die tyd alles en almal. Goed beskryf.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Baie goed gedoen!